Beplanning van boekbekendstelling

Arghhhhh!!!!
Hoe de hel reël ‘n mens ‘n boekbekendstelling? Ek wat nooit gewoonlik moeite wil doen nie, het gedink dat ons, vriende en familie hier by die huis bymekaarkom en kuier, dan vier ons sommer ons drie girls se verjaarsdae. Finansieel het dinge al beter in ons lewe gegaan so om regtig die groot gebeurtenis te vier sou dalk teen Desember 2020 kon realiseer. Koffie en toast sal ook nie die ding doen nie, toe dink ek dat almal maar ietsie kan bring. Wyn natuurlik die heel belangrikste. My dierbare man dink egter dat dit nie sal deug nie en die hele storie freak my nou uit. Nou wil hy ‘n hele massiewe storie reël en ek moet my handtekening oefen!!
Het iemand raad?

Deel die artikel met vriende op:


Lewer gerus kommentaar, sal graag van jou wil hoor.

Volg Leandra hier op Facebook