Hier volg 'n kort voorsmakie uit my boek wat op 6 Augustus beskikbaar sal wees.

"'Goeiemôre, Arriana. Koffie?' Sy weet nie wat vir haar erger is nie, die verblindende wit lig, die vars seelug of die man wat ontspanne by ’n tafel op die dek sit met sy espresso en koerant. Selfs in die helder sonlig kan Arriana sy oë sien kreukel terwyl hy opstaan en haar vergesel na die ander kant van die tafel, waar sy huiwerig gaan sit. Met oë wat terglustig glinster, skink hy vir haar koffie. So asof dit ’n normale verskynsel is dat sy met haar bikinibroek en sy hemp uit vermoedelik sy luukse kajuit op sy seiljag gestrompel het. Terwyl hy weer oorkant haar gaan sit, kyk hy haar aandagtig en geamuseerd aan. Sy weet sy moet reageer en iets sê maar kan om die dood nie aan iets dink nie, behalwe dat hy inderdaad die mooiste man is wat die planeet bewandel en dat sy spyt is dat sy niks van gisteraand kan onthou nie."



Lewer gerus kommentaar, sal graag van jou wil hoor.

2 comments on “'n Skelm kykie na Reis deur die hart”

  1. Die boek kan mens mos nie mis nie! Arriana gaan sekerlik 'n paar ander dinge ook moet ontrafel...