Die volgende resensie is geskryf as deel van 'n Graad 9 Afrikaans opdrag.

Van melktrane na dinosourus-drome besef die uitgebrande Arriana du Toit dat Maatskaplike werk nie meer vir haar is nie. Sy het haar passie om ’n verskil te maak verloor en is moeg daarvoor om ander mense se probleme vir hulle op te los. Dan, met twee woorde, verander sy haar hele lewe: “Ek bedank.”
Sy bevind haarself in Mauritius met sy spierwit strande en diepblou waters, as ’n kelnerin by die vyfster-hotel waar sy ’n klomp nuwe vriende maak en haarself in die onmoontlike situasies laat beland. Veral wanneer die hoteleienaar, Meneer O’Reilly, sy verskyning maak en haar hart ’n nuwe ritme laat klop.
Maar wanneer haar maatskaplike “spidey sense” inskop, besef sy dat alles nie pluis is nie. Hoekom is die hotel besig om ’n ster te verloor en wie is die vreemde man wat vir haar koue rillings gee?
Leandra Naudé is ’n wonderlike skrywer met ’n nuwe, vars stem wat haar talente vir die heel eerste keer vir die wêreld wys.
As jy hou van ’n romantiese liefdesverhaal ingekleur met ’n bietjie spanning en skreeusnaakse scenarios, is hierdie die perfekte boek vir jou.

- Andrea Naudé is ’n vryskut resensent van Pretoria.



Lewer gerus kommentaar, sal graag van jou wil hoor.

2 comments on “Resensie vir "Reis deur die hart" - Andrea Naudé”