Hier word sy gekonfronteer met die spoke van haar verlede en een vir een tuimel die geraamtes uit die kas. Is dit toevallig dat albei haar ouers in die hospitaal is? Hoekom loop haar eks se nuwe vrou, 'Kugel-Barbie', rond asof Arriana se ouerhuis aan haar behoort? Was haar eksman nog altyd so 'n swakkeling en eejit? En hoekom vibreer haar spidey sense as Giacomo Giovetti in die omgewing is?
Terwyl Arriana met die moeilikste uitdagings van haar lewe worstel, is Finn daar om te ondersteun. Maar gaan Finn altyd daar wees? Gaan al sy geheime en die besluite wat hy in die verlede geneem het, hom verhoed om vir haar te gee wat sy regtig nodig het?
Reis deur Klatergoud, Boek Twee van die Reis-reeks,verken net hóé interessant verhoudings kan raak nadat twee uiteenlopende karakters bymekaarkom en hulle lewens saam begin.